Seun (15) wat van boonste verdieping afval, dalk geboelie

Deel hierdie storie / Share this story

Die land bid vir Christiaan Emdin (15), die graad 9-leerling wat verlede week van die boonste verdieping by Hoërskool Klerksdorp afgeval het. Dis steeds onbekend hoe die ongeluk plaasgevind het, maar onlangse boodskapppe en plasings op ’n Facebook-groep dui daarop dat hy by die skool geboelie is en dit dalk die oorsaak van die ongeluk kon wees.

Christiaan het vier van sy rugwerwels, sy linkerarm, regterbeen, voet en pelvis in die ongeluk gebreek.

Op ’n openbare Facebook-groep vra André Stroebel, ’n familievriend van die seun, voorbidding vir die seun. Hy doen ook ’n beroep op donasies vir die gesin wat hospitaalrekeninge moet vereffen.