Adjunk-minister as deel van die National Arbour Month in Galeshewe

Deel hierdie storie / Share this story

Makhotso Sotyu, die adjunk-minister van omgewing, bosbou en vissery, het vanoggend as deel van die National Arbour Month-veldtog 150 omgewingsvriendelike skoolbanke aan Laerskool Zingisa in Galeshewe oorhandig.

Dié veldtog is ’n jaarlikse veldtog wat deur die departement van omgewing, bosbou en vissery saam met Total SA gehou word. Vanjaar se veldtog se tema is “Woude en biodiversiteit” en beklemtoon die belangrikheid van ons biodiversiteit in die ekonomie.

As deel van die veldtog is bome ook in die Vrystaat en Gauteng geplant.

’n Skoonmaakveldtog het ook deel uitgemaak van die adjunk-minister se besoek aan Galeshewe.