Die Noord-Kaapse departement van gesondheid het die nuutste Covid-19-syfers in die provinsie bekendgemaak.
Daar is nou 15 946 positiewe gevalle, waarvan 12 959 van die virus genees is. Daar is dus 2 788 aktiewe gevalle van die virus in die provinsie.
Die sterftesyfer staan nou op 197.



