Polisie op soek na 79-jarige man

Deel hierdie storie / Share this story

Die SAPD in Mokwakwaila buite Tzaneen het ’n soektog geloods na die 79-jarige Ramoshaba Johannes Ralebala.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê die man is Maandag laas gewaar toe hy van Mphakane Village af huis toe op pad was.

Hy het ’n swart baadjie, bruin hemp en ’n wit onderbaadjie aangehad toe hy vermis geraak het.

Enigiemand met inligting oor waar hy kan wees, skakel asseblief vir a.o. Nakampe Rabothata by 060 996 0062.