PRETORIA – Jamie Lee Piek, die ma wat Maandag haar eie baba op pad hospitaal toe gevang het, se oudste seun is ’n paar dae na die voorval oorlede.
Die ma en baba het een nag in die hospitaal deurgebring, maar is albei gesond en weer terug by die huis. Niks kon hulle voorberei op wat daarna gebeur het nie.
Die ouers se oudste seun, Dylan, is ’n paar dae daarna in die Life Eugene Marais-hospitaal se intensiewesorgeenheid met breinvliesontsteking opgeneem. Geen toetse kon gedoen word nie, omdat Dylan se toestand te onstabiel was. Die dag daarna het sy ouers op sosiale media gedeel dat Dylan oorlede is.
Volg Find-it hier.



