Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 1 346 gestyg. Daar is nou ‘n totaal van 663 282 positiewe gevalle in die land.
Die land se gesondheidspanne kon tot dusver 4 064 117 toetse vir die virus doen. Daar is 592 904 persone van die virus genees en 16 118 sterftes.
Gauteng bly die provinsie met die meeste gevalle.



