Boer Willem en Sanel ‘trou’

Deel hierdie storie / Share this story

Die foto’s van die aantreklike boer Willem in ’n pak en sy verloofde, Sanel, en ’n spierwit trourok het Boer soek ’n Vrou-aanhangers twee keer laat kyk.

Aanhangers het vir ’n oomblik gedink die paartjie het stilletjies die knoop deurgehak. Dit het later duidelik geraak die paartjie het net vir die pret voor die kamera baljaar. Die pragtige foto’s is deur Coba Uys van Coba Photography, een van Willem se skoolvriende, geneem.

Willem sê dit was vir hom pret om uit sy kakie plaasklere te klim en netjies aan te trek. Sanel erken die fotosessie het haar op ’n manier vir hulle groot dag voorberei.