Sanlam – risikodekking: voordele vir siekte en tydelike gestremdheid- dekking

Deel hierdie storie / Share this story

Hoe sal ons Covid-19-eise hanteer?

Sanlam erken die impak van die Covid-19-pandemie op die gesondheid en lewensonderhoud van hulle kliënte.

Ons wil vir jou en jou kliënte die gerusstelling gee dat ons in die besigheid is van die regte dekking te verskaf aan ons kliënte en om hulle geldige eise te betaal.

Vereistes vir Covid-19-eise:

Gebaseer op die huidige situasie met betrekking tot die pandemie in Suid -Afrika, is die volgende riglyne met betrekking tot die vereistes vir eise onder hulle siektevoordele, asook vir die korttermyn eise onder hulle Tydelike Gestremdheid Inkomste voordele, gestel:

Siekte of Gestremdheid inkomste voordeleKliënte statusVereiste vir ‘n eis om oorweeg te word
Kliënt het simptomeMediese sertifikaat/Spesiale eisvorm vir Covid-19 voltooi deur dokter
Kliënt is positief getoets vir Covid-19Doktersbrief vir siekverlof asook bewys van Covid-19- toets
Kliënt het kontak met iemand wat positief getoets het vir Covid-19, maar het nog geen simptome en is in mediese isolasie as gevolg van direkte kontak.Spesiale eisvorm vir Covid-19 voltooi deur dokter
Kliënt het gereis na ‘n geaffekteerde land voor die pandemie en is geplaas onder mediese isolasie deur die regering toe hul terugkeer.Spesiale eisvorm vir Covid-19 voltooi deur hulself. Dokumentasie van regering sal vereis word

* Twee spesiale eisvorms was ontwikkel om te verseker dat die eisproses makliker sal gaan

Geldige eisperiode:

Deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes te volg, sal alle Covid-19-eise vir ‘n eisperiode van 14 dae of minder oorweeg word. Hierdie wagtydperk en of die kontrak stipuleer dat die eis betaalbaar is van die begin van die wagtydperk of nie, sal ‘n impak hè op of die kliënt ‘n geldige eis het of nie. Eise vir langer periodes sal oorweeg word met betrekking tot die mediese sertifisering van komplikasies of ‘n verlengde tydperk van siekte.

VRAE EN ANTWOORDE

V: Die president het ‘n nasionale inperking ingestel as ‘n gevolg van die huidige Covid-19-pandemie en ek het geen keuse gehad behalwe om my besigheid toe te maak nie. Sal my verlies van inkomste gedek word deur my Siekte of Gestremdheid Inkomste voordele?

A: Die doel van beide die Siekte-en Tydelike Gestremdheid Inkomste voordele is om die versekerde se onvermoë om te werk as gevolg van siekte of gestremdheid te dek. In die gees van hierdie doel het Sanlam hulle assessering van onvermoë om te werk uitgebrei om mediese isolasie as gevolg van Covid-19 in te sluit. Hierdie voordele is nie ontwerp om besigheidsonderbrekings as gevolg van die inperking te dek nie. Dit is hoekom regerings wêreldwyd sekere maatreëls in plek gestel het om die finansiële druk te verminder op individue en besighede. Hoewel voordele soos hierdie gewoonlik gefokus is op die armer segmente van die samelewing om hulle te help om kruideniersware, medisyne, ens. te bekostig of vir ‘n klein maatskappy. Dit kan ook die vorm aanneem van veranderinge in belasting. Vir die meer welvarendes is besigheidsonderbrekingsdekking ‘n korttermyn versekeringsproduk, maar dit kan voor die tyd uitgeneem word. Dit is ook onderwerp aan die terme en kondisies van daardie produkte.

V: Die professionele liggaam waaraan ek behoort, het ‘n voorstel gemaak wat aanbeveel dat ek ophou om my beroep te beoefen as gevolg van die huidige Covid-19-pandemie. Sal my verlies van inkomste gedek word onder my Siekte of Gestremdheid Inkomste voordele?

A: Die doel van beide die Siekte-en Tydelike Gestremdheid Inkomste voordele is om die versekerde se onvermoë om te werk as gevolg van siekte of gestremdheid te dek. In die gees van hierdie doel het Sanlam hulle assessering van onvermoë om te werk uitgebrei om mediese isolasie as gevolg van Covid-19 in te sluit. Ongelukkig is hierdie voordele nie ontwerp om besigheidsonderbrekings te dek nie.

V: Ek het persoonlike kontak met kliënte in my lyn van werk en as gevolg van die huidige Covid-19-pandemie moet ek ophou om my beroep te beoefen. Sal my verlies van inkomste gedek word deur my Siekte of Gestremdheid Inkomste voordele?

A: Die doel van beide die Siekte-en Tydelike Gestremdheid Inkomste- voordele is om die versekerde se onvermoë om te werk as gevolg van siekte of gestremdheid te dek. In die gees van hierdie doel het Sanlam hulle assessering van onvermoë om te werk uitgebrei om mediese isolasie as gevolg van Covid-19 in te sluit. Ongelukkig is hierdie voordele nie ontwerp om besigheidsonderbrekings, wat plaasvind as gevolg van veranderinge in die werksomgewing van mediese praktisyns, te dek nie.

V: Sal Covid-19 ‘n invloed hè op hoe nuwe Siekte en Tydelik Gestremdhede Inkomste voordele onderskryf word?

A: Soortgelyk aan ander oordraagbare siektes, sal ons die onderskrywingde risiko sien volgens die twee strategieë:

  1. Die waarskynlikheid dat die kliënt die siekte het of binnekort sal kry.
  2. Of die kliënt ten volle herstel het van die siekte, vir 1) sal ons kyk na onlangse en toekomstige reisplanne, asook die gesondheidsprofiel van die aansoeker. In sekere omstandighede mag ons dalk die dekking uitstel of ‘n langer wagtydperk instel. As dit gebeur, sal ons duidelik wees oor die rede en periode van uitstelling. Vir 2) sal ons standaardvrae vra om die herstel van bevestigde Covid-19-infeksie. Vir meeste van ons kliënte antisipeer ons nie komplikasies met herstel nie. As daar komplikasies is, sal ons volledige verslae van jou dokter af versoek.

V: Gaan Sanlam ‘n mediese uitsluiting plaas op nuwe aansoeke vir Siekte en Tydelike Gestremdheid Inkomste-voordele?

A: Geen mediese uitsluiting sal geplaas word op nuwe aansoeke as die kliënte die onderskrywing vir die Siekte of Tydelike Gestremdheid Inkomste-voordele slaag nie en eise op die aanvaarde voordele sal gehanteer word soos per die laaste kommunikasie vir Covid-19-eise op hierdie voordele, as die wagperiode en kontrakbewoording wat geld vir die spesifieke kliënt se polis in ag geneem word.

V: Op my Siekte of Tydelike Gestremdheid Inkomste-voordele, sal Sanlam my toelaat om die huidige langer wagperiode te verander na ‘n korter wag periode van sewe dae?

A: Op hierdie stadium gaan ons nie alterasies toelaat om ‘n langer wag periode te verander na ‘n korter wag periode op bestaande Siekte en Tydelike Gestremdheid Inkomste-voordele nie.

V: Word kontrak validering gedoen vir Covid-19-eise?

A: Kontrakvalidering word tans nie gedoen vir Covid-19-eise waar kliënte vir 14 dae of minder afgeboek is nie. Ons hou die reg voor om kontrakvalidering te doen op toekomstige eise. As die kliënt langer as 14 dae afgeboek word, kan ons kontrakvalidering doen as dit nodig is.