Beefmaster Kimberley nooi besighede uit om hul braaistalletjie op te slaan op 23 September 2020. Die idee is om besighede te betrek om die dag saam te braai en alle fondse word vir Bhopelo Children’s Home en Ons Huis ouetehuis ingesamel.
Jy kan van ’n potjie maak
Jy kan van ’n potjie maak tot ’n tjoppie braai en die eindproduk kan verkoop, geskenk of tussen die mense gedeel word.
Elke besigheid moet R200 vir hulle staanplek betaal. Jy kan jou eie gazebo met die besigheid se handelsmerke daarop, opslaan. Die enigste vereiste is alle vleis moet vanaf Beefmaster gekoop of bestel word.
Die dag gee besighede die geleentheid om saam te kuier en hulle besigheid blootstelling te gee.
Braaivleisvuur
Op Erfenisdag word Suid-Afrikaners aangemoedig om hul kultuur en diversiteit te vier. Op dié dag steek baie Suid-Afrikaners die braaivleisvuur aan.
FiNDiT gaan deel wees aan hierdie dag en ons daag besighede uit om saam met ons aan hierdie braaidag deel te neem. Dis immers vir ’n goeie doel.
Om jou staanplek te verseker skakel Beefmaster by 053 841 0145



