Werknemers by die Fairview Racecourse in Port Elizabeth het vanoggend ’n perd doodgemaak oor ongelukkigheid oor UIF-uitbetalings.
Besonderhede oor die insident is nog onbekend, maar Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, sê die betoging het vanoggend om 06:00 begin.
Een van die perde is dood na hy verskeie kere geslaan en gesteek is. Daar is 28 perde losgelaat wat weer opgespoor moet word.



