Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 1 923 gestyg. Daar is nou ‘n totaal van 653 444 positiewe gevalle in die land.
Die land se gesondheidspanne kon tot dusver 3 961 179 toetse vir die virus doen. Daar is 584 195 persone van die virus genees en 15 705 sterftes.
Gauteng bly die provinsie met die meeste gevalle.



