KIMBERLEY – Susan Engelbrecht, inwoner van Greenside, sê ’n pyp het Vrydag voor haar huis in Eerste Laan gebars en ’n gat in die straat veroorsaak.
“Ek het die probleem dadelik aan die Sol Plaatje-oproepsentrum gerapporteer. Die munisipaliteit het Saterdag hier aangekom, ’n stomp/tak met blare en ’n rooi en wit band daarom ingedruk.”
Engelbrecht sê sy het daarna weer die oproepsentrum gebel en hulle het haar opdrag gegee om die volgende oggend waterwerke te skakel.
“Die water stroom al vir dae lank in die pad af. Wie betaal vir hierdie water?”
FiNDiT het by die munisipaliteit navraag gedoen en wag vir terugvoer.
Volg Find-it hier.



