Dishal Sooku, die man wat Donderdagmiddag om 17:00 ‘n klein dogtertjie van ‘n moontlike ontvoerder gered het, word nou op sosiale media as ‘n held gesien.
Toe ‘n man oor ‘n reling by ‘n restaurant by Goldman Spar spring om vermoedelik ‘n klein dogtertjie te probeer ontvoer, het Sooku vinnig gedink en die man blitsig van die dogtertjie af weggeruk.
Daar is gister selfs ‘n beloning aangebied om die ‘held’ op te spoor.
“Dishal, jy is ‘n held en ‘n man der duisend. Jou dapper daad gaan vir seker nie ongesiens verby nie. Ons wens jou net alles wat goed is toe!” lui ‘n Facebook-inskrywing van SA Long-distance Truckers.



