Toe die EFF Clicks-takke regoor die land forseer het om hulle deure toe te maak na ‘n ‘rassistiese’ advertensie, was daar talle Clicks-winkels wat onder vandalisme deurgeloop het.
‘n Clicks-winkel in Emalahleni in Witbank is vroegoggend op 7 September met ‘n petrolbom bestook en daar is by ander ingebreek en rakke is verwoes.
Die Ellisras-gemeenskap het egter besluit om nie toe te laat dat dieselfde by die Clicks in hulle dorp gebeur nie. Hulle het in ‘n ry voor die winkel gestaan om te keer, sou daar vandale wees wat die Clicks wou teiken.
Boere Krisis Aksie het dié foto op hulle Facebook-blad gedeel.



Na wat berig word was daar ook ‘n span wat voor die Clicks in Hermanus gestaan het om moontlike vandale te keer.



