Seun (15) sterf by skool

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT – ’n Hoërskoolseun van Henneman is oorlede nadat hy by die skool inmekaargesak het.

Howard Ndaba, onderwyswoordvoerder, sê hulle is nie bewus van enige mediese toestande wat die seun moontlik gehad het nie. Volgens Ndaba is die plaaslike dokter en paramedici dadelik na die toneel ontbied, maar die seun is op die toneel dood.

Die seun het onlangs vanaf Virginia na Henneman getrek en begin skoolgaan.  

Volg Find-it hier.