Entstofproewe – vrywilliger word siek

Deel hierdie storie / Share this story

AstraZeneca, die biotegnologiemaatskappy, het in ’n verklaring bevestig sy proewe vir die Covid-19 entstof AZD1222 word tydelik gestop nadat ’n vrywilliger onverklaarbaar siek geword het.

Die entstof is al in die laaste fase van die kliniese proewe in talle lande, ook in Suid-Afrika.

Die rede waarom die vrywilliger siek geword het, is nog nie bekend nie. Dit is normaal vir die maatskappy om die proewe te stop wanneer ’n vrywilliger siek word. Die proses sal so vinnig as moontlik hanteer word sodat die tydlyn van die proewe nie beïnvloed word nie.

Volg Find-it hier.