Checkers verwyder TREsemmé produkte

Deel hierdie storie / Share this story

Die mediaspan van Checkers het bevestig alle TREsemmé-produkte is vanaf die rakke vir verkope verwyder.

Die verwydering van die produkte volg nadat Clicks ’n advertensie uitgereik het wat die EFF as rassisties beskou. Al die betrokkenes – Clicks, TREsemmé en Unilever – het op sosiale media om verskoning gevra vir die advertensie.

“Ons is baie jammer dat die spesifieke foto’s wat vir die bemarkingsveldtog van TRESemmé Suid-Afrika op die Clicks-webwerf gebruik is, rassistiese stereotipes oor hare bevorder het. Die veldtog het ten doel om die skoonheid van alle haarsoorte en die verskeidenheid oplossings wat TRESemmé bied te vier, maar ons het dit verkeerd oorgedra. Die foto’s strook nie met die waardes van ons handelsmerk of van Clicks s’n nie. TRESemmé Suid-Afrika vra om verskoning vir die oortreding wat deur hierdie foto’s veroorsaak is. Ons vra ook die Clicks-groep om verskoning,” sê Unilever namens hulself en Clicks.

Volg Find-it hier.