’n Brand het vanoggend by emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou, Leah, se leefarea in die aftreeoord op Hermanus uitgebreek.
Roger Friedman, die Tutu-familie se woordvoerder, het aan FiND iT bevesting die paar het geen beserings in die voorval opgedoen nie. Friedman sê die oorsaak van die brand is onbekend maar kon vermoedelik deur ’n foutiewe gasverwarmer ontstaan het.
“Ons kan die personeel van die aftreeoord nie genoeg bedank vir die vriendelikheid en vinnige optrede nie. Groot dank aan die brandweer en die helde op wie se moed ’n mens in die moeilike omstandighede kan staatmaak,” sê die Tutu-egpaar in ’n verklaring.
Volg Find-it hier.



