Clicks het die TRESemmé-handelsmerk met onmiddellike effek van hulle rakke verwyder nadat ‘n rasaanstootlike advertensie deur die Unilever-handelsmerk uitgereik is.
Die TRESemmé-handelsmerk gaan glo met plaaslike haarsorg-handelsname vervang word. Clicks het aangekondig alle personeel wat by die advertensie betrokke was, is geskors. Die winkelgroep se senior uitvoerende bestuurder het ook intussen bedank.
IOL berig Vikesh Ramsunder, Clicks se uitvoerende hoof, het gesê diegene wat geskors is, sal ‘n regverdige tugproses ondergaan, wat onder toesig van ‘n onafhanklike eksterne voorsitter sal wees.
Volg FInd-it hier.



