OOS-KAAP. – Kwanele Mqeni (36) is gister deur die Grahamstown-hooggeregshof tot 20 jaar vir die moord op sy ma gevonnis.
Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, sê die beskuldigde het sy ma verskeie kere met ’n mes op Maandag 2 September 2019 gesteek. Sy op die toneel oorlede. “Hy het ook sy gestremde ouer broer aangeval, maar sy broer is deur die gemeenskapslede gered.”



