KIMBERLEY – Ralph Slade, inwoner van Kimberley, het vanoggend om ongeveer 11:00 met sy motor in ‘n massiewe slaggat in Aristotlestraat in Herlear vasgesit.
Hy sê die slaggat het sy motor erg beskadig en dis die eerste keer wat so iets met hom gebeur.




