Covid-19: Nuutste syfers in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 2 420 gestyg. Daar is nou ‘n totaal van 633 015 positiewe gevalle in die land.

Die land se gesondheidspanne kon tot dusver 3 747 101 toetse vir die virus doen. Daar is 554 887 persone van die virus genees en 14 563 sterftes.

Gauteng bly die provinsie met die meeste gevalle.