Daar word hierdie naweek weer ’n voertuigoptog teen plaasmoorde in Pretoria gehou. Die Facebook-groep, Unite Against Farm Murders / Attacks beplan die optog.
Voertuie, bakkies, vragmotors en trekkers sal aan die optog deelneem. Die optog begin stiptelik om 09:00 vir 10:00 en deelnemers word aangemoedig om wit vlae, Suid-Afrikaanse vlae, baniere en wit kruise tydens die optog ten toon te stel.
Die voertuie sal van Builder Warehouse en Macro Centurion vertrek.



