Vrou 1 km in kaping gesleep

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG – ’n Vrou (76) is bykans een kilometer saamgesleep nadat verdagtes haar motor gekaap het. Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder sê sy is in ’n kritieke toestand na die naaste hospitaal geneem.

Die vrou se motor is later verlate by ’n verkeerslig opgespoor.

Die verdagtes het glo daarna nog ’n motor gekaap en die insittendes by ’n verkeerslig afgelaai. Masondo sê dieselfde verdagtes was vroeër die dag in huisrooftogte betrokke.

Volgens Masondo is niemand nog in hegtenis geneem nie.