Die Noord-Kaapse departement van gesondheid het die nuutste Covid-19-syfers in die provinsie bekendgemaak.
Daar is nou 10 837 positiewe gevalle, waarvan 7 175 van die virus genees is. Daar is dus 3 531 aktiewe gevalle van die virus in die provinsie.
Die sterftesyfer staan steeds op 129.



