Geen spitsverkeer met dié vlieënde motor

Deel hierdie storie / Share this story

SkyDrive, ’n Japannese maatskappy het verlede week die eerste bemande toetsrit van ’n vlieënde motor by die Toyota-toetsterrein gehad.

Die enkel sitplek vlieënde motor, SD-03, het opgestyg en ongeveer vier minute om ’n veld gesirkel. ’n Vlieënier was aan die stuur, maar ‘n rekenaargesteunde beheerstelsel het die vlug se stabiliteit en veiligheid verseker. Tegniese personeel was te alle tye op ‘n gereedheidsgrondslag.

Die SD-03 meet twee meter hoog, vier meter breed en vier meter lank. Dit benodig slegs twee geparkeerde motors se spasie op die grond.