Driedubbele moordsaak ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN – Die lyke van ’n ma (65), pa (68) en een van hul drie seuns (40) is  hier in hul huurhuis gevind.

Die gesin moes na bewering Dinsdag die huis ontruim omdat die nuwe eienaars die dag daarna sou intrek.

Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ‘n rewolwer, wat na bewering in die skietery gebruik is, is bo-op die ma se liggaam gevind.

Makhele het in ’n mediaverklaring aan OFM gesê die verdagte, wat ’n naby familie-verwantskap het, sal na verwagting op 3 September 2020 in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Volg Find-It hier.