Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen swaar donderstorms oor die oostelike dele van die Noord-Kaap. Die donderstorms word van 16:00 tot 23:00 vandag verwag.
Pluimveeboere word ook oor die moontlikheid van snerpend koue weerstoestande gewaarsku.
Tref dus voorsorg om jouself en jou eiendom te beskerm.



