Rugbyseisoen skop amptelik af

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY.- Vanjaar se rugbyseisoen skop amptelik op 26 September 2020 met ‘n Superhelde-dag op Loftus Versfeld af.

Twee wedstryde sal gespeel word met die vier Superrugby-spanne in aksie.

Die Leeus en Stormers sal mekaar aandurf, terwyl die Blou Bulle en Sharks sake sal uitspook in die ander kragmeting.

Die Premierliga Curriebeker-kompetisie sal twee weke later op 10 Oktober afskop.

Die eindstryd van vanjaar se kompetisie sal op 16 Januarie 2021 uitgespook word.

Weens die druk program sal wedstryde selfs op Oukersdag 26 Desember 2020 en 2 Januarie 2021 geskeduleer word

Die deelnemende sewe spanne mag die vorige week opwarmingswedstryde speel.

Griekwas se afgestelde opwarmingswedstryde teen die Cheetahs wat in Maart afgestel is, sal waarskynlik weer plaasvind.

Die spanne het gister ter voorbereiding vir die Curriebeker Covid-19-toetse ondergaan.

George Whitehead, wat verlede seisoen die Poubloues aangevoer het, is die gunsteling om weer vanjaar met die kapteinskap toevertrou te word.

Ander gevestigde Griekwaspelers soos Zak Burger en Jonathan Francke kan ook oorweeg word.

Onder die nuwe aanwinste is daar sterk leiers en die afrigters mag verras wees.