Vrou (22) gevind met verskeie steekwonde

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO – ’n Vrou met verskeie steekwonde aan haar liggaam is in haar kêrel se huis gevind. ‘n Soektog na die verdagtes is deur die polisie geloods.

Die polisie het die lyk as dié van Grace Mudau geïdentifiseer. Die moontlikheid dat die vrou op ’n ander plek vermoor is en haar lyk na haar kêrel se huis gebring is, word ondersoek.

’n Saak van moord word ondersoek.