KIMBERLEY – Daar is ‘n katjie wat sedert Vrydag in ‘n boom in Hugostraat in Monumenthoogte vassit.
Talitha Barnard, inwoner van Hugostraat, sê hulle kon die kat Vrydagaand al hoor skree. “Ek het vanoggend eers geloop om te gaan kyk waar die kat so skree. Dis toe dat ek sien die katjie sit in die boom vas,” sê sy.
Barnard sê hulle het al die brandweer en die Dierebeskermingsvereniging gekontak, maar niemand kon sover die kat uit die boom help nie.
“As enigiemand miskien kan kom help om die katjie uit die boom te help, sal ons dit so waardeer,” sê sy. “Die katjie skree nie eers meer nie. Hy is van Vrydag af in die koue sonder enige water of kos.”
Skakel vir Elana by 082 051 4319 indien jy miskien kan gaan help.


