Griekwaland Wes Tafel Lager rugby-span begin met kontak oefening

Deel hierdie storie / Share this story

Kimberley – DIE Griekwaland Wes Tafel Lager rugby-span begin vandag met kontak oefening voorbereiding vir die Currie beker kompetisie wat vroeg volgende maand afskop.

Vanaf die Pumas

Ashlon Davids, een van die Poubloues se nuwelinge, is opgewonde en wil graag homself in die span vestig.

Hierdie alsydige agterspeler het aan die einde van verlede seisoen vanaf die Pumas by Griekwas aangesluit.

Verlede seisoen het hy skrumskakel vir die Pumas gespeel, maar is ewe tuis op senter, losskakel en heelagter.

2018 in 43 wedstryde

Die boorling van Malmesbury het sy senior rugbyloopbaan in 2013 by die Leeus begin.

Hy het tot 2018 in 43 wedstryde vir die Leeus gespeel. In 2015 het hy as leenspeler vanaf die Leeus in drie wedstryde vir die Luiperds uitgehelp.

Hy het verlede seisoen na die Pumus gegaan en in 14 wedstryde gespeel.

“Griekwas se spelpatroon en hul vertoning in verlede jaar se kompetisie het my belangstelling gelok”. “Ek besluit om my heil hier te kom soek en wil my graag hier vestig” het Davids gesê.