Comrades-kampioen Nick Bester ernstig aangerand

Deel hierdie storie / Share this story

Nick Bester (60), Comrades-kampioen van 1991, is Sondagoggend ernstig beseer toe hy deur drie mans bekruip en oorrompel is voor hy vasgebind en erg aangerand is.

Bester het as deel van sy voorbereiding vir die Battle of the Sports in die Magaliesberg in Pretoria gaan draf. Hy is nog topfiks en ry gereeld bergfiets of roei met sy kanoe.

“Ek het hulle glad nie hoor nader kom nie,” sê Bester. Bester moes deur die bosse kruip om vir hulp te gaan soek. Sy wangbeen en drie van sy ribbes is gebreek en sy fiets is gesteel. Hy is in die Eugene Marais-hospitaal opgeneem.