Twee mense glo op Christiana vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

CHRISTIANA – Die polisie hier bevestig hulle ondersoek twee klagtes van moord nadat ’n man en ’n vrou, in hulle 70’s, se lyke in hulle winkel gevind is.

Brig. Sebata Mokgwabone sê die lyke is vandag 08:10 in die winkel gevind. Die motief is steeds onbekend en niemand is in dié stadium in hegtenis geneem nie.

Die saak word steeds ondersoek.

Volg Find-It hier.