NOORD-KAAP – Die SAPD van Kimberley is na ‘n verdagte opsoek weens ’n verkragting wat op 8 Augustus 2020 omstreeks 22h10 plaasgevind het.
Die verdagte het glo die slagoffer agternagesit terwyl sy op pad was na haar woon plek. Hy het haar in ‘n oop veld langs Bougroep Korrektiewe Dienste ingedwing.
Die slagoffer is glo met ‘n mes gedreig en is opdrag gegee om nie te skree of te probeer weghardloop nie. Sy is toe verkrag.
Daar word vermoed die verdagte is ‘n man, ongeveer 25 jaar oud.
Enigeen met inligting rakende hierdie voorval word versoek om die lasbrief-beampte McKenzie Louw van die FCS-eenheid in Kimberley by 0828744083 te kontak.
Foto en beskrywings van die verdagte deur die polisie verskaf.
Volg Find-It hier.



