Nuutste Covid-19-syfers in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, bekendgemaak.

Die infeksiesyfer het oornag met 2 684 gestyg. Daar is nou in totaal 615 701 positiewe gevalle. Daar is ook 525 242 persone van die virus genees.

Die sterftesyfer staan op 13 502 en die land se gesondheidspanne kon tot op hede 3 598 973 toetse doen.