Hartswater-moordverdagte doen aansoek om borgtog

Deel hierdie storie / Share this story

Dit was gister presies ‘n maand na die Brand-gesin van Hartswater oorrompel, ontvoer en later vermoor is.

Khomotso Mpumlwana, een van die vyf verdagtes in die saak, verskyn vandag in die Hartswater-landdroshof en doen aansoek om borgtog.

Trudie de Beer, wie se ouers en suster vermoor is, het op Facebook gepleit dat hulle nie borgtog kry nie.

Die inskrywing op Facebook lui: “‘n Maand gelede is ons lewens onherroeplik verander. My ouerhuis en familie is van ons gesteel. Daar was nie vir ons gevra of ons genade of medelye wil hê nie, ook is daar geen genade vir my ouers en sussie getoon nie. Hulle is wreed, met mening en doelgerig om die lewe gebring. Nie een oomblik was daar genade vir hulle nie, en geen oomblik was daar aan hulle as mense gedink nie, nie met die eerste hou of steek nie, en so ook nie met die laaste wat al drie my mense van ons gesteel het nie.

Môre wil Khomotso Mpumlwana aansoek doen om borg en vra ek weereens vir ons gemeenskap om ons te ondersteun en te sê: Nee vir borgtog!”

Hou FiND iT dop vir meer inligting.