Frikkie skrik nie vir ‘n slang nie

Deel hierdie storie / Share this story

“Dis die grootste slang wat ek in nege jaar gevang het.”

Dit was Frikkie van Deventer, Polokwane se slangvanger, se woorde oor die luislang wat hy op ’n plaas buite Polokwane gevang het.

Tussen 4,5 m en 5 m lank

Dis nie sommer aldag wat jy so ’n bielie van ’n slang op jou plaas kry nie. Ester Cloete se niggie het haar gekontak toe hulle die slanggat op hulle plaas ontdek het terwyl hulle besig was om land se skep. Cloete en die familie was bang die slang kry seer en het dit goed gedink om vir Frikkie te kontak.

Frikkie het bevestig die luislang was tussen 4,5 m en 5 m lank met ‘n omtrek van 250mm.

My grootste vangs

“Omtrent nege jaar terug het ek ‘n 7 m luislang in Pietersburg gevang. Dit was my grootste vangs vandat ek begin slange vang het op die ouderdom van 10 jaar.”

Ester Cloete het die foto’s van die luislang, Frikkie, haar niggie se man en swaer geneem.

Volg Find-It hier.