Vliegtuigongeluk – een dood en ‘n ander beseer

Deel hierdie storie / Share this story

SPRINGS. – Een persoon is oorlede en ‘n ander ernstig beseer na ‘n vliegtuigongeluk by die Springs-vliegveld.

Paramedici van ER24, saam met die provinsiale ambulansdienste, het by die toneel waar hulle wrakstukke aan die kant van die veld gevind het, opgedaag. Die vliegtuig het twee mense ingehad.

Volgens Arrive Alive het ER24 paramedici die eerste pasiënt ondersoek en gevind dat die vrou talle ernstige beserings opgedoen het. Niks kon vir haar gedoen word nie, sy is dood verklaar.

Die tweede pasiënt, ‘n man, is ondersoek en is in ‘n kritieke toestand. Die man is op die toneel behandel met verskeie lewensondersteuningsmetodes voordat hy na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is.

Die besonderhede rondom hierdie voorval is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.