Die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, bekendgemaak.
Die infeksiesyfer het oornag met 1 567 gestyg. Daar is nou in totaal 613 017 positiewe gevalle. Daar is ook 613 017 persone van die virus genees.
Die sterftesyfer staan op 13 308 en die land se gesondheidspanne kon tot op hede 3 578 836 toetse doen.



