Kimberley -DIE Oostelike Provinsiale Kings het besluit om nie aan vanjaar se Currie-beker kompetisie deel te neem nie.
Die Oostelike Provinsie raad het hierdie besluit gistermiddag op ‘n vergadering besluit.
Mnr. Andre Rademan, voorsitter van die raad en President van OP rugby-unie het die spelers vanoggend ingelig oor sy raad se besluit.
Geld is glo die struikelblok wat die Kings tot hierdie besluit gedwing het.
In ‘n verklaring uitgereik se OPRU dat indien die span sou deelneem was dit nodig om lenings aan te gaan.
Die unie gaan reeds gebuk onder finansiële probleme. In Junie het SA rugby in samewerking met OPRU die unie se adminstrasie oorgeneem.
Die OP, spelers onder kontrak by SA rugby, sal waarskynlik ander heenkome soek.
Volg Find-It hier.



