GEORGE – Dolly Subramoney (53), eiendomsagent en voormalige polisiekaptein van George, wat op Vrouedag in ’n brand in ’n vakansieoord in Oudtshoorn beseer is, is in die George-hospitaal oorlede.
Sy en twee vriendinne was op ’n naweekuitstappie by die Ou Tol Cango Retreat toe hul chalet aan die brand geraak het. Volgens die polisie is daar daardie aand gebraai en ’n sterk wind het glo die vlamme aangeblaas Geen gemene spel word vermoed nie.
Die hele chalet het afgebrand, asook haar een vrou se motor. Subramoney se twee vriendinne het beserings opgedoen, maar is reeds uit die hospitaal ontslaan.
Volg Find-It hier.



