Die departement van gesondheid wil hê alle mense wat aan natuurlike oorsake sterf ook vir Covid-19 getoets moet word. Die rede hiervoor is om ’n beter beeld te kry van presies hoeveel lewens die virus werklik eis.
Kostes van die toetse
Die toetsing moet gedoen word voordat die liggaam deur die begrafnisondernemers weggevat mag word.
Mnr. Pieter van der Westhuizen, bestuurder van Avbob, sê die toetsing kan by die lykshuis gedoen word voor die begrafnis om sodoende ’n onnodige wagperiode te veroorsaak. Van der Westhuizen sê hulle is nogsteeds onseker oor wie vir die kostes van die toetse verantwoordelik gaan wees.
Van der Westhuizen sê al die Avbob-takke is in kennis gestel van die nuwe regulasies en dat alle lyke as moontlike Covid-19-gevalle behandel moet word.
Volg Find-It hier.



