DURBAN – ’n Seuntjie (5) is oorlede nadat hy glo uit ’n venster vanaf die 12de verdieping van die Silver Strand Lifestyle-oord geval het.
Seuntjie probeer resussiteer
Volgens Times Live het inwoners, vakansiegangers en hotelpersoneel gebid, gesange gesing en gehuil terwyl ‘n lewensredder die seuntjie probeer resussiteer het.
Die seuntjie was met vakansie saam met sy ma, ouma en twee ouer broers.
Getraumatiseerde inwoners
Lynette Matthews, ’n vrou in die omgewing, is deur haar seun geroep toe hy gesien het hoe die seuntjie by die venster uitval. Matthews het gesê die kind se ma kon haarself nie sover kry om die seun se pa van die voorval te laat weet nie. Hy was in Johannesburg.
Die DA-raadslid vir die gebied, Nicole Graham, is deur getraumatiseerde inwoners gekontak.
Volg Find-It hier.



