Francois Stander het verlede Dinsdag uit aanhouding by die Groot Brak Rivier-landdroshof ontsnap.
Hy is gister weer in Jeffreysbaai in hegtenis geneem. Sers. Laurianne Botha, polisiewoordvoerder, sê die omstandighede rakende sy ontsnapping word nog ondersoek.
Die 22-jarige Stander was na die hof op pad om op aanklag van diefstal van ‘n bootenjin voor die hof te verskyn.
Hy sal nou Maandag in die hof verskyn.



