KWAZULU-NATAL – Kapers het ses kinders omgery terwyl hulle probeer om van Tracker en die SAPD te ontvlug.
Verdagtes het ontsnap
Die bestuurder het beheer oor die motor verloor, die kinders langs die pad getref en die motor is teen ’n wal af. Die motor het op sy sy tussen twee huise geland. Die verdagtes het ontsnap en te voet gevlug.
Die kinders is na die hospitaal gejaag.
Volg Find-It hier.




