Katja Lorenz (45) het geglo sy het ’n aanlyn verhouding met die akteur, Vin Diesel.
Lorenz werk in die fliekbedryf en beweer sy het al vantevore vir Vin Diesel ontmoet. Sy het vir “Vin” R113 000 gestuur nadat hy gesê het hy kort geld om vir ’n fotosessie na Suid Afrika terug te keer.
Selfs YouTube-video’s verander
“Vin Diesel” het beweer hy is ’n 23-jarige mediese student wat sy universiteitsfooie op die manier afbetaal.
Hy het selfs YouTube-video’s verander om dit te laat lyk asof die video’s vir haar bedoel is. Foto’s van geld en ‘n kluis wat hy vermoedelik aan haar sou gee, is ook vir haar aangestuur.
Volg Find-It hier.



