Edna Elaine Piercey (16) het op 14 Oktober 2001 spoorloos in Rustenburg verdwyn. Agt maande na haar verdwyning het haar sussie, Blanche Piercey (15) verdwyn. Haar liggaam is vyf weke later gevind.
Edna het die Sondagmiddag van ’n skoolkamp teruggekeer. Die 16-jarige het die detail van die kamp met haar stiefpa bespreek terwyl sy wasgoed gewas het. Daarna het sy na ’n vriendin in Oos-Einde gegaan, maar het nooit die vriendin se huis bereik nie. Sy is ook nooit weer opgespoor nie.
Tragies, agt maande na die verdwyning van Edna, het haar suster Blanche ook uit dieselfde huis in Oos-Einde, Rustenburg, verdwyn. Blanche se lyk is vyf weke later gevind, ongeveer 3 km van haar huis af. Sy was net 15 jaar oud. Niemand is nog in hegtenis geneem vir haar moord nie.
As jy inligting het, kontak Whatsapp 063 682 5758 of stuur ’n e-pos na [email protected]
Edna Piercey se verhaal word gedeel in Missing, ’n reeks oor vermiste persone in Suid-Afrika wat op Dinsdag 25 Augustus om 21.00 op VIA Channel (DStv 147) sal uitsaai.



