Meisie (13) skielik oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

PORT ELIZABETH – Tammy Ingram is Sondagoggend in die hospitaal aan ’n onbekende oorsaak oorlede. Haar broer (15) is steeds in die hospitaal waar hy behandeling ontvang.

Hele gesin het begin siek voel

Die gesin van Kabegapark het glo Saterdagoggend omstreeks 03:00 wakker geword. Die hele gesin het begin siek voel en gebraak. Volgens die polisie het die gesin ’n plaaslike hospitaal besoek. Die kinders is opgeneem, maar die ouers is behandel en ontslaan.

’n Polisiewoordvoerder, kol. Priscilla Naidu, sê die oorsaak is nog nie bekend nie.

’n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Volg Find-It hier.