‘n Wetenskaplike koördineerder van die entstof-projek, dr. Clare Cutland, sê 2 510 vrywilligers vir die studie is al ondersoek en 1 400 is al ingeënt.
Altesaam 1 010 mense sal met die entstof en 1 010 sal met die plasebo ingeënt word. Die toetsing het reeds in Junie begin. Nie eers die mediese span of die proefkonyn weet watter vrywillegers is met watter stof ingeënt nie. Cutland sê die uitslag behoort teen November of Desember, op die laaste Januarie 2021, beskikbaar te wees.
Gesondheidstelsel in Suid-Afrika
‘n Student aan die universiteit van die Witwatersrand, Dawson Gooch (22), is een van die meer as 2 000 proefkonyne wat deel is van die projek. Gooch voel dit gee hom ’n doel in die lewe en hy maak nou ‘n verskil. Hy is drie weke gelede ingeënt en word op 31 Augustus vir ’n ondersoek en bloedtoetse gestuur. Gooch sê hy wil graag vir mense wys hulle kan die gesondheidstelsel in Suid-Afrika vertrou.
Wits werk saam met die universiteit van Oxford en die Oxford Jenner-instituut aan die Suid-Afrikaanse entstof-projek.
Volg Find-It hier.



